Tuisblad

by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat .
Vrydag, 18 November 2022
Hier is tans artikels in Afrikaans.

Bluebg.png

Voorbladartikel
Kenteken van die Namibiese nasionale krieketspan.

Die Namibiese nasionale krieketspan, met die bynaam “die Arende”, is die nasionale krieketspan wat Namibië in internasionale krieket verteenwoordig. Krieket word in Namibië deur Krieket Namibië (Engels: Cricket Namibia, CN) beheer. Namibië is sedert 1992 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR), en het in 2007 by die IKR se Hoëprestasieprogram aangesluit. Namibië het aan die Krieketwêreldbeker 2003 in Suid-Afrika deelgeneem, maar al sy wedstryde verloor. Hulle het tot dusver aan elke Interkontinentale Bekertoernooi deelgeneem. Saam met Kenia word Namibië tradisioneel as een van die sterker nasionale Afrika-krieketspanne na die toetsnasies Suid-Afrika en Zimbabwe beskou.

In onlangse jare het Namibiese krieket ’n sterk vordering gesien, veral danksy die groot invloed van die krieketnasie Suid-Afrika. Krieket is deur Suid-Afrika na die destydse mandaatgebied Suidwes-Afrika gebring en het daar gewildheid onder die bevolking verwerf, veral in die suide van dié land en rondom Windhoek, maar ook Namibië se nabyheid aan Suid-Afrika het gehelp om die spel in Namibië te laat ontwikkel. Namibië word tans as tweede beste span in Afrika, na die Suid-Afrikaanse Proteas en nog voor die toetsnasie Zimbabwe, beskou. Vername Namibiese krieketspelers sluit in Neil Rossouw en Pieter Rossouw.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Namibië ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word. Namibië is tans (November 2022) 14de op die eendagranglys en 14de op die Twintig20-wêreldranglys. In Oktober 2019 het die Namibiese nasionale krieketspan tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2019 gekwalifiseer vir die T20I-wêreldbeker 2021, waar hulle in die eerste rondte hul eerste toernooi-oorwinnings teen Nederland en Ierland aangeteken en sodoende tot die Super Twaalf gevorder het, hul beste prestasie nog tydens ’n internasionale toernooi. Daarmee het hulle regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2022 gekwalifiseer.

...lees verder

Bluebg.png

In die nuus
Misuzulu Zulu in 2021.

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

...dat die vyf gewildste televisie-uitsendings almal sportprogramme is? Die Olimpiese Somerspele, Sokker-Wêreldbekertoernooie, Krieketwêreldbekertoernooie, Rugbywêreldbekertoernooie en Formule Een is die vyf programme wat die grootste kykertalle lok.

...dat die Skotse uitvinder John Logie Baird reeds in 1926 in Londen die eerste publieke demonstrasie van 'n televisie gegee het? 10 jaar later was daar slegs 100 televisiestelle in die wêreld; vandag is daar meer as 1,5 miljard.

...dat die Gautrein se spoorwydte van 1 435 mm breër is as die standaardwydte van 1 067 mm van die Suid-Afrikaanse smalspoor? Dit is só gekies om die trein se stabiliteit te verseker teen sy topsnelheid van 160 km/h.

... dat die skrywer J.R.R. Tolkien op 3 Januarie 1892 in Bloemfontein gebore is? Sy pa is kort voor sy geboorte na Suid-Afrika verplaas, waar hy aan die hoof van 'n Britse bank gestaan het. Die toekomstige skrywer is egter op driejarige ouderdom terug na Engeland geneem.

... dat mens artikels kan soek volgens die eerste letters van die artikelnaam? By die kan mens byvoorbeeld "ek" intik en alle , opspoor.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

18 November: Onafhanklikheidsdag in Letland (1918), Nasionale Dag in Oman (1940).

Wilhelm Tell

Bluebg.png

Voorbladbeeld
'n Borsbeeld van die Franse skrywer Victor Hugo deur Auguste Rodin in 1889.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

-

Suider-Afrika









Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
• • • • • • • • • • • • • • • • •
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Weergawes met meer as 500 000 artikels
• • • • • •
Weergawes met meer as 250 000 artikels
• • • • • • • • • • • • • •
Weergawes met meer as 100 000 artikels
Afrikaans • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • •
Weergawes met meer as 50 000 artikels
• • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • • •


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg

Vrye media

Vrye woordeboek

Vrye nuusbron

Die vrye biblioteek

Vrye boeke

Aanhalings

Spesie-indeks

Projekkoördinering

This page is based on a Wikipedia article written by contributors (read/edit). Text is available under the CC BY-SA 4.0 license; additional terms may apply. Images, videos and audio are available under their respective licenses. Cover photo is available under CC BY 2.0 license.